Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Die Brandaan siklus (3) "Lintwurm" deur D.J. OPPERMAN
Die Brandaan siklus (3) "Lintwurm" deur D.J. OPPERMAN [boodskap #50036] Do, 13 September 2001 12:08
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @home.com

Uit Die Brandaan-siklus
D.J. Opperman

Lintwurm

Op die solder van die nag lig ek 'n luik
en sien grys ónder Leviatan rol
en rits met myle-myle lint die buik
en ingewande van die aarde vol.
Sy beitelkop was êrens weggesteek
waar see en varings van 'n oertyd staan
en met laagwaters was sy suiers bleek
hol kraterkringe van 'n somermaan.
Ek het langs wenteltrappe van die plek
gesak, maar toe met elke tree en drang
voel ek dat spiere aan my spiere trek -
ek is 'n lit in daardie lyf gevang.
Dit sterf stuk-stuk van hom: mens, vis en gras,
maar ewig groei en klou hy - aardevas.
Vorige onderwerp: Brandaan-siklus (2) "Swart Kop" deur D.J. OPPERMAN
Volgende onderwerp: Brandaan-siklus (4) "Tokolosi" deur D.J. OPPERMAN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Apr 29 14:38:36 MGT 2024